REKENMEESTER | CERESLandboubedryf | CeresAs jy kom uit die landbou bedryf sal dit n groot voordeel weesIs jy ’n detailgerigte rekeningkundige met ’n passie vir syfers en ’n oog vir wat ander miskyk?’n Gevestigde landbou-organisasie in die Ceres-omgewing is op soek na ’n gedrewe Junior Rekenmeester om sy Finansile Bestuurspan te versterk.Hierdie is meer as net ’n tradisionele rekeningkundige rol. Jy sal ’n belangrike funksie vervul in die finansile bestuur en ondersteuning van verskeie produksielandgoedere, met blootstelling aan bestuurstate, begrotings, projeksies, vaste bates, kapitaalbesteding en finansile ontleding.Die rol bied aan ’n sterk rekeningkundige professionele persoon die geleentheid om nie net finansile inligting te verwerk nie, maar om tendense en afwykings te identifiseer, insigte aan bestuur te verskaf en finansile prosesse voortdurend te verbeter.Jou verantwoordelikhede
Voorbereiding van maandelikse bestuurstate vir die betrokke area, insluitend ontleding en verduideliking van afwykings.
Hantering van bankrekonsiliasies, krediteure, debiteure en finansile joernale.
Volledige bestuur en beheer van die bateregister, insluitend toevoegings, vervreemdings, waardevermindering en fisiese verifikasie.
Assistering met die voorbereiding van begrotings en finansile projeksies.
Monitering en opvolg van kapitaalbesteding teen goedgekeurde aansoeke.
Gehaltebeheer oor finansile en administratiewe werk voordat dit aan die Finansile Bestuurder voorgel word.
Vroe identifisering van finansile afwykings, tendense en potensile risiko’s.
Ontleding van finansile data om bestuur met akkurate en betekenisvolle finansile inligting te ondersteun.
Identifisering van geleenthede om verslagdoening, stelsels en finansile prosesse te verbeter.
Algemene finansile ondersteuning aan die landgoedere en Finansile Bestuurspan.
’n BCom, BCompt of nagraadse diploma in Rekeningkunde. (completed Articles)
Minstens 3 jaar toepaslike rekeningkundige ervaring.
Bo-gemiddelde Excel-vaardighede.
Ervaring met Microsoft Business Central (BC) sal ’n sterk voordeel wees.
Sterk analitiese en administratiewe vermons.
Uitstekende aandag aan detail en akkuraatheid.
Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.
Die vermo om onafhanklik te werk, inisiatief te neem en verantwoordelikheid te aanvaar.
’n Ho vlak van integriteit, dissipline en dryfkrag.
Ervaring binne ’n landbou-omgewing sal ’n verdere voordeel wees.
Desired Skills:
accounting
agriculture
finance