VEREISTES Matriek of 'n gelykwaardige kwalifikasie Afrikaans as huistaal Geldige bestuurslisensie en 'n skoon kriminele rekord (noodsaaklik) 'n Opregte, praktiese belangstelling in oudiovisuele en verwante tegnologie Moet gemaklik wees om op hoogtes en in plafonruimtes te werk, asook toerusting te dra Beskikbaarheid vir bystanddiens een Saterdag per maand Basiese kennis van IT en netwerke is noodsaaklik VOORDELIG 'n Voltooide kursus in AV, klankingenieurswese, elektronika of IT (bv. N+) PLIGTE Aanl van kabels en die maak van verbindings, insluitend XLR, HDMI, SDI en netwerkkabels Ondersteuning met die opstelling en regstreekse beheer van klank- en videotoerusting tydens geleenthede, in privaat wonings en by verskeie instansies Toets en konfigureer toerusting; spoor foute op en herstel dit Onderhou toerusting en hou rekords daarvan, en sorg dat die stoorkamer en voertuie georganiseerd gehou word Bied vriendelike, geduldige en professionele ondersteuning aan klinte en afgevaardigdes in beide Afrikaans en Engels Salary: R negotiable dependent on experience Join us on SOCIAL MEDIA or visit our WEBSITE for more information. See links below.